PROKLAMATIE VAN MARITZ.

AAN
 DIE VOLK VAN SUID-AFRIKA! — Nademaal die vrede wat in 1902 te 
Vereeniging geslote werd in stryd was met die ware wil van die 
Suid-Afrikaanse volk en ons tegen ons begeerte tot onderwerping gedwonge
 werd deurdat ons vroue en kinders deur deur die vyand op stelselmatige 
wyse in die konsentrasiekampe uitgemoor werd, waardeur die volk gevaar 
geloop het om helemaal uitgeroei te word;
Nademaal die ideaal van een Vry Suid-Afrika onder eigen vlag nog steeds 
deur ons volk gekoesterd word en ons vast geloof en heilig oortuig is 
dat die Voorsienigheid, die o’er die lotgevalle van volke sowel als 
persone beskik, onse vrome en kloeke voorvaders in hierdie sonnige land 
geplant het om van ons, hun afstammelinge, een vry en onafhankelike volk
 te maak;
Nademaal die Imperiale Regering in meer dan een geval sedert die laatste
 oorlog opnieuw woord met die Suid-Afrikaanse volk gebreek het deur, 
byvoorbeeld, die dire miljoen pond sterling wat bestemd was vir burgers 
wat sig nie onder beskerming van die vyand geplaas het nie, aan persone 
uit te betaal wat daarop geen aanspraak kon maak nie en verder sowel die
 Engelse regering as die Jingo-element in Engeland voortdurend pressie 
uitgeoefen het op die Unie regering om, in stryd met gedane beloftes, 
die nasionale aspirasies van ons volk uit te doof en te onderdruk en die
 belange van die ryk bove die van Suid-Afrika te plaas;
Nademaal die ryksregering eindelik so ver gegaan het om die Unie 
regering te beweeg om, tege die wil en begeerte van die o’ergrote 
meerderheid van ons volk te trag Duits Zuid-west-Afrika te verower en 
die Unie regering duer valse en bedriegelike voorstellingen die 
volksraad daartoe gebreng het om goedkeuring aan genoemde oorlog te heg;
Nademaal die volk eerst deur lydend verset en later met die wapen in die
 hand tegen genoemde oorlog geprotesteerd het en die Unie regering, in 
plaas van daaraan gehoor te gee, deur onware en misleidende beweringe 
die een deel van die bevolking tegen die ander onder die wapen gebreng 
het waardeur reeds vele sone van ons land die lewe verloor het;
Nademaal die volk alle konstitutionele middele uitgeput het om die Unie 
regering te beweeg om van genoemde oorlog af te sien en daar er dus vir 
die volk geen ander uitweg is dan om die Britse juk van sig te skud:
So is het dat ik, Salomon Gerhardus Maritz, Kommandant Generaal van die 
Republieke strydmagte in die Kaap Provincie, met konsent van die 
voorlopige regering, als volg proklameer en vas stel;
Dat die vroegere Suid-Afrikaanse Republiek en Oranje Vrystaat sowel as 
die Kaap Provincie en Natal vry van Brits gesag en onafhankelik verklaar
 word en iedere blanke ingeseten van genoemde streke, van welke 
nasionaliteit ook, word hiermee opgeroep om met die wapen in de hand die
 lang gekoesterde ideaal van een Vry en Onafhankelik Suid-Afrika te help
 verwesenlik. Als die volk hieraan eenparig gehoor gee dan kan die doel 
sonder bloedvergieting bereik woed; aan die ander kant als men verdeeld 
is dan kan die stryd mogelik lang en bloedig wees. Dis dus noodsakelik 
dat iedereen aan die wapen moet gryp om te kan behaal wat God vir ons 
volk bestemd het en wat hy nou in ons bereik stel.
Die eigendomme en goedere van diegene wat aan ons syde staan sal op alle
 mogelike manier gerespekteerd en beskermd word en alle behoorlike 
gekommandeerde goedere en diere sal so spoedig mogelik na die oorlog 
uitbetaald word.
Alle geldelike vorderinge, van welke aard ook, is gestaak tot dire 
maanden na die oorlog en dergelike skuldbewyse ens. sal geen rentre dra 
gedurende die oorlog.
Die betaling van die repatriasieskulde is eveneens gestaak en so spoedig
 mogelik na die oorlog sal die hele kwessie in hersiening genome word 
met die doel een billiker en regtvaardiger oplossing te vind.
Verskeidene gevalle is bekend waar die vyand naturelle en kleurlinge 
gewapen het om ons te beveg en daar dit strek om minagting by die swart 
nasies op te wek vir die blanke, so wordt met nadruk gewaarschuwd dat, 
alle kleurlinge en naturelle wat met die wapen gevange genome word, 
sowel als hul offisiere, daarvoor sal moet boet met hul lewe.
Ik proklameer en maak verder bekend dat daar o’ereenkomstig oorlogswet 
gehandeld sal worde met krygsgevangene van die vyand wat by 
gevangeneming nie behoorlike uniforms draag wat onderskei han word van 
die gewone burger drag.
Dat daar deur ons weerwraak geneem sal word wanneer mog blyk dat onse 
burgers of offisiere wat in die hande van die vyand mog val nie 
o’ereenkomstig die wette van beskaafde oorlogvoere behandeld word.
By verskeidene gelegenhede is in die laaste tyd geblyk dat die vyand sig
 van ontplofbare patrone bedien en ik wens met nadruk te protesteer 
tegen son ’n barbaarse manier van oorlogvoere. Van die vyand wat in 
besit van sodanige patrone gevonde word, sal o’ereenkomstig oorlogswet 
behandeld word.
In die laatste tyd het die vyand by meer dan een gelegenheid misbruik 
van die witte vlag gemaak en ook daartegen word gewaarschuwd.
Daar die vyand dreig om eigendomme en goedere van burgers wat aan 
Republikeinse syde stry te konfiskeer, word hiermee bekend gemaak dat 
sodanige konfiskere onwetting is nie erkend sal word.
Eindelik word voor algemene informasie bekend gemaak dat die volgende 
persone als een voorlopige regering gekose is om names die volk op te 
tree tot dat andere regeling gemaak kan worden: —
C. F. Beyers, Kommandant Generaal vir die Transvaal.
C. R. de Wet, Kommandant Generaal vir die Oranje Vrystaat.
S. G. Maritz, Kommandant Generaal vir die Kaap Provinsie.
J. C. G. Kemp, Assistent Kommandant Generaal vir die Transvaal.
A. P. J. Bezuidenhout, Vegt Generaal en Komdt. Kampfer.
Hierdie proklamasie moet beskou word als van toepassing sowel op die 
Transvaal en Oranje Vrystaat als op die Kaap Provincie en Natal en in so
 verre die inhoud nie in stryd is met proklamasies of kennisgevinge wat 
reeds deur die tydelike regering of republikeinse generaals 
utigevaardigd mag wees.
GOD BEHOEDE LAND EN VOLK.
Gegeve onder myn hand te velde op hede die 16de dag van Desember in die jaar onses Heren Een duisend Negehonderd en Veertien.

Britte en Boere.
 
Die Britte.
Die bevolking van die  Verenigde Koninkryk in 1899 was 30 miljoen. 448 
435 Britse troepe het  aan die oorlog deelgeneem. Hiervan was 30 000 
vrywilligers van oorsese  Britse kolonies en 50 000 vrywilligers ut die 
die twee kolonies Kaap en  Natal en daarby 5 000 joiners van die 
republieke. 'n Syfer van ongeveer  30 000 gewapende swartmense is deel 
van die 448 435 Britse troepe. Dit  grootste getal wat op enige gegewe 
stadium diens gedoen het was 240 000  in Mei 1901. Ten minste 7 800 
Britse soldate is agv krygsverrigtinge  dood terwyl 14 658 weens siekte 
of ongelukke omgekom het. Die oorlog het  Brittanje ongeveer 230 miljoen
 pond gekos. Vir repatriasie en  hervestiging is 300 miljoen deur die 
Britse regering bewillig, maar  slegs 16 miljoen is uitbetaal.
Die Boere.
In 1899 was die blanke bevolking van die twee republieke ongeveer 300  
000. Die republikeinse magte 50 000 na 60 000 waarvan 'n aantal  
staandemaglede. Tussen 1500 en 3000 buitelanders en 10 000 na 15 000  
Kaapse rebelle het Boerekant geveg. Die getal swart en bruin agterryers 
 was na raming 10 000. Daar was nooit meer as 47 000 Boere op 'n gegewe 
 tydstip in die veld nie. 3997 gesneuwel, 150 verongeluk en 1 800 na 2  
200 weens siekte omgekom.
Na die vredesverdrag het sowat 10 000 Kaapse rebelle hulle stemreg vir vyf jaar verloor.
Na raming is 30 000 plaashuise en 40 dorpe verwoes. 160 000 blankes is  
in konsentrasiekampe aangehou. 28 000 blankes sterf in die kampe,  
waarvan 22 000 kinders onder 16 jaar.
Met vredesluiting het nog sowat 2 540 families (ongeveer 10 000 vroue en kinders) in die veld rondgeswerf.
In totaal is sowat 28 000 mans en seuns krygsgevangene geneem waarvan  
25 630 oorsee aangehou is. Ongeveer 'n duisend het nie teruggekeer nie-

 Die ridderlike De la Rey.
In die somer van 1901 tot 1902 het genl. De Wet vir heelwat opwinding  
gesorg. Hy en sy manne het die aand voor Kersdag 1901 geluidloos die  
steil hange van Groenkop tussen Bethlehem en Harrismith uitgeklim nadat 
 die Britse wagte aan die voet van die kop doodgeskiet is. Die voorste  
burgers was op die kop voordat die Britte besef het wat aangaan. Baie is
  gedood of gewond. Vir die Britte was 
De  Wet se oorwinning baie pynlik en Kitchener het besluit om nog  
blokhuislinies op te rig. Kitchener het drie groot dryfjagte in 1902  
teen De Wet georganiseer, maar hy en sy mense het telkens ontsnap.
De la Rey het in dié tyd twee oorwinnings behaal -- die eerste op 25  
Februarie 1902 by Yzerspruit naby Wolmaransstad. 'n Hele kolonne het in 
 die hande van De la Rey geval en hy het ammunisie vir 'n baie lang tyd 
 gehad. Sy grootste oorwinning was sowat twee weke later. Ná Yzerspruit 
 het lord Methuen, tweede in bevel ná Kitchener, van Vryburg na  
Klerksdorp opgeruk om met De la Rey te gaan afreken. Methuen het vir die
  nag op Tweebos gaan kampeer. Dis glo daar naby dat Nicolaas van  
Rensburg van Wolmaransstad, bekend as "die Siener", by De la Rey  
opgedaag het. De la Rey het Van Rensburg tegemoet gestap en gevra: "Dag,
  Oom Nicolaas, hoe lyk dit, ek wil mos môre vir Methuen vang?" Van  
Rensburg het glo sy kop 'n rukkie laat sak en gesê: "Generaal, jy is  
reg, môre vang jy hom. Ek sien die rooi bul kom aan, maar sy horings  
hang en ek sien ons mense tussen sy waens loop."
Die Britte was  die oggend nouliks in beweging, toe De la Rey se burgers
 hulle aanval.  Methuen het daarna die agterhoede versterk. Dit was net 
waarop De la Rey  gewag het. Ander afdelings wat hy teruggehou het, het 
daarop die res  van die kolonne aangehou. Groot verwarring het in Britse
 geledere  ontstaan en baie het gevlug. Methuen is in sy been gewond en 
het in die  Boere se hande geval.
Kaptein Japie de Villiers vertel dat 'n  veldkornet hom ontbied het om 
met Methuen te praat. Dié het gevra of sy  dokter daarnaby is. De 
Villiers het na die Engelse dokter gery en gesê  dat sy generaal gewond 
lê en hom daar wil hê. Die dokter het geantwoord:  "What nonsense!" De 
Villiers het hom toe met sy perd na Methuen  aangejaag. Hy het by sy 
generaal op sy knieë geval en nadergekruip, die  wond ondersoek en 
vasgestel dis 'n ernstige breuk. Terwyl hy besig was  om die been te 
spalk, het De la Rey opgedaag, sy hoed afgehaal, Methuen  gegroet en 
gesê hy is jammer om hom in dié toestand aan te tref. Methuen  het gevra
 om in 'n huis te bly, maar De la Rey het geantwoord dat die  Britte 
almal afgebrand het. Mev. De la Rey het Methuen ook besoek, vir  hom 
beskuit gebak en haar enigste hoender vir hom geslag. Nadat sy been  
gespalk is, is hy na die plaas Gestoptefontein gestuur en die volgende  
dag onder bevel van Tom Leask, De la Rey se neef, na Klerksdorp met  
Methuen se eie waentjie en vier muile.
De la Rey se optrede het  'n groot indruk gemaak op die Russiese skrywer
 Leo Tolstoi, wat  pro-Boer was. Hy was bly oor De la Rey se oorwinning,
 maar het Methuen  se vrylating heelhartig toegejuig. "Hierdie daad het 
die Engelse  doodeenvoudig stomgeslaan", het hy gesê.

 http://www.geskiedenis.sariemarais.com/
http://www.volkstaat.org/index.php?option=com_content&view=article&id=1233:die-boervolk-van-suid-afrika-boere-republikeinse-verkiesingskommissie&catid=117:boere-republikeinse-verkiesingskommissie-bvk&Itemid=187
https://www.facebook.com/afrikaner.geskiedenis


 
 
 
 
No comments:
Post a Comment